Sunday, 16 October 2011

Fantasties gedoen deur Nieu-seeland. Well done All Blacks. Nou vir volgende week se finaal! Duime word vasgehou!

Luister na pragtige klassieke musiek op RSG. My Sondag-môre's is ook nie meer wat dit was nie. Ek makeer dringende intervensie. Ek speel met tyd. As die wasgoed nie nou in daai wasmasjien kom nie dan loop daar môre 'n vuilgat in die rondte!

Ek hoop ek raak verslaaf daaraan om te blog, dis so lekker om te skryf. Ek hoop inderdaad dat my vriende my blog geniet. Wat is die kanse dat "blog" blok word? Wonder maar net, dis tog maar 'n blok waarin 'n mens tik!

Ek is lief vir my land. Ons het baie probleme maar daar is iets hier diep binne-in my wat my vertel ons is oppad! Verskillende politieke menings is daar wel baie maar ek glo dat hierdie land se mense so verknog is aan die landskap en die plesier wat dit hulle bring dat hulle dit sal wil laat werk. Ons het veskillende kulture, gelowe ens, 'n land ryk aan diversiteit, dit is ons rykdom. Ons moet die mites van die verlede die nekslag toedien, mekaar respekteer as gelykes. Die armes, die oues van dae, kinders se welsyn moet op die hart gedra word.

I should rest my case now. Half of the day is gone. Outside a sunny day is beckoning. Inside a washing load is moaning! It would be so nice if you could respond to some of my writings.

Love yeah all!

No comments:

Post a Comment