Hierdie gesprek wil ek afneem
nie op band om dit te bind
tot voltooid, volbring
maar ek wil met die druk
van 'n knoppie die geheel vaslê
woorde langs mekaar intiem verbind
Ek wil die beeld teen my mure hang
en nooit vergeet hoe dit geklink het nie
No comments:
Post a Comment